Punte Uitstappie

POSITIEWEPUNTE-UITSTAPPIE

Elke jaar, vanaf kwartaal 1 tot 4, word leerders die geleentheid gebied om genoeg positiewepunte bymekaar te maak sodat hulle gedurende Februarie van die volgende jaar op ‘n uitstappie kan gaan.

Positiewe punte word verkry deur:

  • Deelname aan Sport en Kultuur (oefeninge en byeenkomste).
  • Hulp wat verleen word aan die skool met bv skoonmaak van klasse, sportbyeenkomste en ander funksies.
  • Leierskap- en VLR-funksies.
  • Deelname aan Olimpiades.
  • Akademiese prestasies; en nog vele meer.

Die uitstappie is gewoonlik ‘n dag uitstappie (7:00 – 17:00) na ‘n oord soos bv. Bela-Bela se Avontura-oord, Zambilodge, ens. Die leerders betaal ‘n minimale bedrag vir die dag en ontvang dan die volgende:

  • Busvervoer;
  • Toegang tot die oord;
  • Gratis wateraktiwiteite;
  • ‘n Hamburger, skyfies en ‘n koeldrank.

Die leerders mag ‘n piekniekmandjie saamvat en ook vleis as hulle wil braai – GEEN alkoholiese drank word toegelaat nie.

Dis gewoonlik ‘n baie lekker dag en leerders doen moeite om hierdie uitstappie mee te maak.

Dit is elke leerder se plig om self seker te maak dat hy/sy genoeg positiewe punte bymekaarmaak om deel te wees van 2018 se uitstappie.

Theme: Overlay by Kaira Hoër Tegniese Skool Tuine
Pretoria, South Africa
Translate »