Welkom by

H.T.S Pretoria-Tuine

Waar ons leerders toerus om hulle eie toekoms te
bou met ‘n sterk fondasie.

HTS Pretoria-Tuine is ‘n gerespekteerde dubbelmedium tegniese hoërskool geleë in
Booysens, Pretoria, met meer as 800 leerders. Die skool is bekend vir sy
akademiese uitnemendheid, kulturele waardes en ‘n passievolle sportkultuur.

Ons is ‘n suiwer tegniese skool en ons matriek is gelykstaande aan ‘n N3-
kwalifikasie.

Ons is ‘n dubbelmediumskool en al ons leerders moet in Afrikaans en Engels kan
praat en skryf. Leerders het die opsie om onderrig in Afrikaans of Engels te ontvang.

Ons skool bied ‘n innoverende leeromgewing waar leerders hul potensiaal kan bereik
en voorberei vir ‘n kompeterende en vervullende loopbaan. Met ‘n wye reeks
tegniese vakke, moderne werkswinkels en ervare opvoeders wat passievol is oor
akademie, is ons ernstig om ons leerders toe te rus met die vaardighede en
selfvertroue wat hulle nodig het om in hul gekose paaie uit te blink.

Theme: Overlay by Kaira Hoër Tegniese Skool Tuine
Pretoria, South Africa
Translate »