GRAAD 10, 11 en 12

Verpligte vakke (6):

Taal (2) – Twee kombinasies waarvan 1 gekies moet word.
Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal
Engels Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Wiskunde/Wetenskap (2) – Twee kombinasies waarvan 1 gekies moet word.
Wiskunde en Fisiese Wetenskap
Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskap
Verpligte Vakke (2)
Ingenieursgrafika en -Ontwerp
Lewensoriëntering

Kies een tegniese spesialiseringsvak (1):

Elektriese TegnologieMeganiese TegnologieSiviele Tegnologie
ElektronikaPas en MasjieneerwerkHoutwerk
Digitale ElektronikaMotorwerktuigkundeKonstruksie
KragstelselsSweiswerk en MetaalbewerkingSiviele Dienste

Vak na-uurs aangebied (‘n 8ste vak):

Rekenaar Toepassings Tegnologie

Wat is die verskil tussen Wiskunde en Tegniese Wiskunde?

Wiskunde se inhoud is suiwer wiskunde, en maak voorsiening vir alle wiskundige en universiteitsstudierigtings. Dié vak is ‘n vereiste vir alle ingenieurstudies en die meeste BSc-grade.

Wiskunde het ‘n Skool Gebaseerde Assesering (25%) en ‘n eksamen (75%), met geen praktiese assesseringstaak nie. Leerders moet die vak saam met Fisiese Wetenskap neem.e highest level of service.

Tegniese Wiskunde se inhoud is ondersteunend vir al die tegnologievakke (werkswinkels), en fokus op en maak voorsiening vir alle tegniese studierigtings. Die vak gee toelating tot studies in tegniese velde by Universiteite, Tegnikons, asook Tegniese Kolleges..

Tegniese Wiskunde het ‘n Skool Gebaseerde Assesering (25%), ‘n eksamen (50%) en ‘n Praktiese Assesseringstaak (25%), en word saam met Tegniese Wetenskap geneem.

Wiskunde is moeilik, en harde werk is ‘n vereiste. Kyk dus of jou beoogde studies Wiskunde of Tegniese Wiskunde vereis. Tegniese Wiskunde is nie noodwendig makliker as Wiskunde nie. Tegniese Wiskunde is meer gefokus op toepassings wat in die tegniese studierigtings benodig word.

Wat is die verskil tussen Fiesiese Wetenskap en Tegniese Wetenskap?

Fiesiese Wetenskap is ‘n suiwer wetenskaplike onderwerp en volg kurrikulum vir alle natuurwetenskaplike studierigtings, want dit is ‘n vereiste vir Ingenieurstudies en die meeste BSc-grade. Die vak het ‘n Skool Gebaseerde Assesering (25%) en eksamen (75%).

Tegniese Wetenskap ondersteun al die tegnologie-vakke en fokus op inhoud wat noodsaaklik is vir alle tegniese studierigtings. Dit gee toelating tot studies vir alle tegniese studierigtings (Universiteite, Tegnikons, asook Tegniese Kolleges) en het ‘n Skool Gebaseerde Assesering (25%), Praktiese Assesseringstaak (25%) en Eksamen (50%).

Almal is geniaal; maar as jy ‘n vis beoordeel op ground van hoe hy ‘n boom kan klim; dan sal hy sy hele lewe lank glo hy is dom.
– Albert Einstein

Theme: Overlay by Kaira Hoër Tegniese Skool Tuine
Pretoria, South Africa
Translate »